Wendepunt
Binne een oogwink, jare gelede -
Uit die seun wat ek was word ´n man:
meteens, my lewe begin te skaar!
Wêrelde strek hul voor my uit - soos
daardie ploegman met sy perde swoeg
blink gesweet oor die eerste kruin.
Waterlandskap rotsvas in sy greep
ook vallei’ na benee – gesooid deur sy skaar.
Maar nou! Voor sy ploeg deins die berghang op…
met graniete rots – harde slag vir goed sy deel
boonop bliksems wat donder in die lug…
ongenaakbaar fel die bergspits, glimmend-swart,
ewig ongenaakt, steeds grimmig wagtend af.
Voort ploeter? Nee, hand slaan aan die ploeg!